FORGOT YOUR DETAILS?

Crouch-touch-pause-engage,….die pad na haar Hart!

by / Tuesday, 26 February 2013 / Published in Esre Ackermann

So terug by die verskil tussen kommunikasie en inligting uitruil, ons het nou al oor ‘n geruime tyd gedeel oor hoekom kommunikasie so belangerik is vir groei in ons verhoudinge, en dit kan toepaslik wees in enige verhouding, maar vandag is die fokus op my en my maat.

Saterdag kyk ek met groot afwagting die rugby, en sien die twee groot pakke voorspelers mekaar takel in die skrums, kort-kort is daar ‘n fout en word die skrums opgeblaas vir verskeie redes…, dit frustreer my en die ouens wat saam met my kyk want rugby is verseker nie net skrumwerk nie, maar tog so nodig om die spel te bevorder na die ander fasette van die spel soos die opwindende ekstase waar die bal van hand na hand sierlik hanteer word totdat alles opbou na ‘n oomblik wat lei tot ‘n onvergeetlike drie!

Dit verklaar dalk hoekom rugby dalk vir sommiges meer opwindend is as ‘n tydjie saam met hulle geliefdes! So kom ons kyk of ons julle vorm kan verbeter met betrekking tot kommunikasie.

Die selfde reëls geld as in rugby en ons begin by die “Crouch”….Dit is belangerik om op die gepasde tydstip die gesprek te inisieer, maak seker jou maat is gereed, moet asseblief nie net kop neersit en in duik nie, iemand gaan seer kry! Maak ‘n afspraak, en buig af m.a.w. “crouch”sodat jy jou oor neig om jouself in te skakel op sy/haar harts-frekewensie.

“Touch”….Dit is volg net na die “crouch” wanneer ek met deernis my maat aanraak en die bevestiging daarstel dat ek betrokke is en wil wees, dit gee die versekering dat ek nie hier is om net my eie saak te dryf nie, die ligte aanraking aan haar been of skouer is bloot net om vir mekaar te sê ons is lief vir mekaar en in eenheid, die gesprek is nie veroordelend nie en ek wil jou hart hoor, op hierdie stadium kyk ek sommer in haar oë want sy is vir my belangerik.

“Pause”….Beheer jou emosies, hierdie is nie die plek vir woede sarkasme, kritiek, selfregverdiging en disrespek teenoor jou maat nie, maak seker jy wil konstruktief die eenhied in julle verhouding uitbou, op hierdie punt sê ek vir myself ek ontken my eie regte my maat kom eerste!

En dan die “engage”…Dit is eers hier waar kommunikasie begin… Ons kyk môre verder hierna!

Daar is geen plaasvervanger vir goeie vorm nie, selfs al mis ek dit in die “engage”- fase sal my maat kan sien ek maak erns om sy/haar hart te hoor.

www.dare2share.co.za

TOP