FORGOT YOUR DETAILS?

Die journey….! (opvolg op die gesprek oor “engage”)

by / Tuesday, 26 February 2013 / Published in Esre Ackermann

‘n Verhouding lê in die Heilige Spasie wat mense tussen hulle skep. Elkeen het dus ‘n verantwoordelikheid hoe ek met die spasie omgaan. Elkeen neem eienaarskap vir die verskillende maniere waarop ek hierdie spasie besoedel. Besoedeling vind plaas met ‘n kyk,’n frons,’n laggie, ‘n “gesture”( soos ‘n skewe kop), ‘n uitlating, ‘n stukkie raad of kritiek.

Dan bring elkeen nog sy eie storie in die spasie in.

As teenvoeter vir voorafgaande, gaan ek dus met ‘n bruggie in my maat se wêreld in. Slegs met ‘n paspoort….(toestemming/afspraak en sy of haar vertroue met die inligting) Geen ID nie(dit is nie sommer net my reg nie). Dit voorkom dat ek my eie geskiedenis/storie/filters in die spasie inbring, my fokus is op die reis na my maat se hart,… “the greatest journey you can ever partake” Slegs wanneer ek dit kan/of wil doen, kan ek na jou essensie of hart luister.

Alle mense het ‘n behoefte om GEHOOR of RAAKGESIEN te word. Hierdie kuier anderkant die brug laat die besoeker toe om die ander een se wêreld te ervaar – en die host/gasheer voel raakgesien en gewaardeer. Dit gaan hier nie om wie is REG nie, dit gaan om te probeer sin maak van wat in jou maat se wêreld aangaan. Ek plaas myself in jou skoene; en dan ontwikkel ek sagte oë vir jou situasie dit is empatieen omgee vir mekaar.

Groete Jan-Hendrik

Enjoy die journey!

TOP