FORGOT YOUR DETAILS?

Die Koue Skouer

by / Tuesday, 26 February 2013 / Published in Esre Ackermann

Hoe kommunikeer mens as daar al reeds geen (sinvolle) kommunikasie is nie?

Die een manier hoe om dit NIE te doen nie, is dat jy dit as ‘n wet vir jou man/vrou (of julle vir mekaar) voorhou en hom/haar (of mekaar) daaroor verwyt.

Die pad wat ek wil voorstel, is dat julle dringend vir verhoudings konsultasie gaan Esré is uitstekend hiermee. Julle is moontlik besig om nie mekaar se hart te hoor nie, dit is nou die tyd dat iemand objektief die kommunikasie fasiliteer, julle is dalk meer gefokus op- die seer en is nou emosioneel betrokke, raak gefurstreerd en eintlik het jy nodig om dit te deel wat jou so laat voel.

Saam sal julle ondernemings teenoor mekaar te maak soos in Ef.5 om mekaar te dien. Die beginsel van Fil.2:3,4 is hier ook gepas: “Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan die van die ander”. Dis hoe Christus, ons Verlosser, teenoor ons gedoen het.

Indien jy of jou maat nie toestem tot so ‘n konsultasie proses nie, en jou steeds ‘n koue skouer gee, hef dit nie jou verantwoordelikheid op om haar “lief te hê” soos Ef.5 sê nie. En hierdie liefde word nie opgewek deur iets moois of goeds wat sy aan jou doen nie. Dit is ‘n liefde ten spyte van… Hoe mens dit doen, word in Fil.1:9-10 mooi beskryf: “Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom”.

Dit beteken: leer sy/haar “liefdestaal” verstaan sodat jy sal weet hoe hy/sy liefgehê wil word en wat hom/haar werklik gelukkig maak.

Doen dit – daar’s gewoonlik nie verweer teen sulke onvoorwaardelike liefde nie.

Normaalweg, as jy bogenoemde paadjie loop, sal die seksuele sy van julle huwelik ook regkom. Indien nie, is dit nodig om ook hieraan aandag te gee, bv. watter negatiewe ervaring(s) het gemaak dat sy ‘n seksuele aversie ontwikkel het ens.

Laat weet ons asseblief waarvoor ons die Here saam met jou kan vertrou, inbox ons Facebook Blad, ons wil saam met jou bid.

Kontak Esré Ackermann van Dare2share kommunikasie gereedskap, www.dare2share.co.za

Lank lewe Gesonde kommunikasie die sleutel to harte, Jan-Hendrik

TOP