FORGOT YOUR DETAILS?

Ek besef ek het dit gemis!

by / Tuesday, 26 February 2013 / Published in Esre Ackermann
young beautiful couple in love plays outdoor

So met al die beste intensies verduidelik ek aan haar dat dit wat ek probeer sê het nie my bedoeling was nie,… dit vat my presies die beste helfde van die dag om my regverdiging aan haar te verduidelik, en so wentel ek om my eie baan, en wens ek sy wil net bykom. Die kinders het mos ‘n sê ding: “..kom net oor dit”, en dit is presies waar dit ons verhouding gelaat het, ons probeer net oorkom, eintlik meer oorleef…, ons het geen oorwinning nie!

Die feite van die saak is ek het met al my beste intensies haar hart gemis, ek was onakuraat en dit bring my by vandag se stuk. Haar/sy liggaamstaal sal jou ‘n duidelike aanduiding gee of jou maat werklik jou hart hoor, vra dan of sy jou hart sien in jou optrede of dit wat jy sê, dit is tog sinneloos op die heeltyd jou lyn te laat sak as jy weet jy gaan niks vang nie, jy gee dan tog nie God die skuld of die visse nie, jy skuif jou aanslag juis daar waar jy meer effektief gaan wees!

Onderdanigheid of “submission” is nie gesetel buite verhouding nie, dit beteken vir my eerstens om God se hart te hoor. Hoe doen ek dit?.. wel ek leer dit ken, ek “date” hom, lees sy Woord, leer ken sy gedagtes oor my, praat/kommunikeer in gebed met hom en as ek dit verstaan…dan doen ek, maw leef ek sodat ek akuraat is volges sy hart/wil vir my, …en my maat/vrou verdien een en dieselfde.

Hoor Jesus se hart: “Hy antwoord hulle: “Die profeet Jesaja het julle mooi opgesom. Julle is skynheiliges, soos daar geskrywe staan: “Hierdie volk eer My met hulle mond, maar hulle hart is ver van My af.” (Markus 7:6),..dit help nie ek karring rondom my eie regverdiging met God of my maat en ek mis sy /haar hart nie.

Leer ken jou maat meer itiem met betekenisvolle kommunikasie, deur www.dare2share.co.za

Groete Jan-Hendrik

TOP