FORGOT YOUR DETAILS?

Geen vrou begeer seks met ‘n vreemdeling nie.

by / Tuesday, 26 February 2013 / Published in Esre Ackermann
45857

Maar natuurlik nie!… Is my antwoord dadelik terwyl Esré Ackermann skrywer en samesteller van Dare2share kommunikasie kaarte vir getroude paartjies oorkant my plek inneem vir ‘n radio onderhoud oor die belangerikheid van kommunikasie. Ek moet bieg hierdie woorde het my koud gelaat en laat herkou, ek bedoel kom nou, dit is nie asof man en vrou vreemdelinge vir mekaar is nie? of het ons dalk uit mekaar gegroei?, dink aan dit wat daardie verslae vrou sê waneer sy met so ‘n hulpelose uitdrukking kyk en sê sy het dít nie van haar man verwag nie!

Die meeste vroue kla dat hulle maats lui, onwillig of bloot net selfsugtig is om tyd te maak vir hulle emosionele behoeftes. As jy vandag kan snap soos ék daardie dag,.. dat praat juis ‘n manier is om met jou maat in voeling te kom, dan glo ek jy sal verstaan HOEKOM dit vir haar so belangerik is.

Jy moet snap dat: Geen vrou seks begeer met ‘n vreemdeling nie!

As jy jou vrou emosioneel verwaarloos, is jy vir haar ‘n vreemdeling en daarom moet jy nie verbaas wees as sy nie met empatie op jou seksuele behoeftes reageer nie.

As jy wel moeite doen om vir jou vrou emosioneel beskikbaar te wees, sal sy vir jou seksueel meer beskikbaar wees.

Praat is haar manier om op hoogte te kom van julle verhouding, dit is hoe God haar gemaak het.

TOP