FORGOT YOUR DETAILS?

Hier is jou week einde uitdaging, die onvergeetlike afspraak!

by / Tuesday, 26 February 2013 / Published in Esre Ackermann

Jy het nodig: Twee opvoustoele, ’n klein kamptafeltjie, ’n tafeldoek en linneservette, borde, bakkies, glase en eetgerei, kerse, aansteker, vullissakke, ’n flitslig, koelsak, kurktrekker, musiek (opsioneel), muskietafweerder (opsioneel). As jy by die see of in die bos bly, is dit makliker om hierdie afspraak spesiaal te maak as wanneer jy in die middel van die stad bly. Want vir hierdie romantiese ete is venue álles! In Suid-Afrika is veiligheid natuurlik altyd ’n uitdaging, só as jy hierdie afspraak beplan, maak seker julle is veilig. Dink aan ’n pragtige landmerk in jou omgewing, soos ’n brug, ’n berg of iewers vanwaar jy die stad se liggies vanaf ’n afstand kan aanskou.

Water is ook altyd romanties en dit sluit ’n oseaan, mere, riviere, strome of watervalle in. Daar is ongelooflike openbare geboue met mooi binnehowe, tuine en sypaadjies waar jy kan eet. Dit gaan dalk ekstra inspanning, beplanning, reëlings en moeite verg, maar dit is die moeite werd om in ’n historiese spookhuis te gaan eet! As julle lief is vir die kunste, wat van ’n spesiale ete op die verhoog? Opelug amfiteaters is baie romanties, dit het iets met die oopheid en argitektuur te doen . . . en dan is daar kunsgalerye. Pak alles wat jy nodig het in ’n pieknieksak. Onthou ook ’n flits sodat jy van en terug na die kar toe kan beweeg en vullissakke om ná die tyd op te ruim.

Op die ou end is die kos wat jy pak nie regtig so belangrik nie en alles hang af van die geriewe wat beskikbaar is. As daar nie elektrisiteit naby is nie, plaas voor die tyd ’n paar bakstene in die oond teen die maksimum hitte vir ongeveer ’n halfuur, draai dit dan toe in foelie en plaas dit in ’n verkoeler bo-op ’n handdoek (sodat dit nie die verkoeler smelt nie). Dit behoort die kos wat jy in die verkoeler pak vir ongeveer ’n uur warm te hou.

TOP