Dare2Share
hoe werk dit?esré ackermannbestellingsblogkontak

Hoe om dit te gebruik
Voorbeeld van kaartjiesDie idee is om ʼn daaglikse intieme deeltyd vas te stel (ʼn "date" te maak) wat vir albei maats pas waar hul dan rustig kan gaan sit (vir hul koffie maak) en dan ʼn kaartjie trek en dit met mekaar bespreek en deel! Paartjies kan die boksie selfs op hul bedkassies plaas of iewers waar hulle privaat kan wees en dit dan op ʼn gereelde basis kan geniet! Dis belangrik dat paartjies sal onderneem om dit end-uit te doen! Die kaartjies is in ʼn spesifieke volgorde geplaas en die vrae raak progressief intenser en meer sensitief! Daar word dus voorgestel om nie ongeduldig te word nie maar liefs dit in daardie volgorde te hanteer, want dit kan die reeks kelder! Romantiese voorstelle en idees is in die vorm van "Waag dit" kaartjies tussenin gevoeg om paartjies geprikkel te hou en ook in die proses mekaar te geniet deur middel van pret en humor soos wat sy glo God dit bedoel het om te wees!

Die 3 groot uitdagings van die spel is:

  • Jul tyd: omdat ons lewens so gejaagd is gaan dit juis een van die grootste uitdagings wees om tyd in te ruim om die spel op ʼn gereelde basis end-uit te geniet. Hierdie gaan, volgens haar, dié grootste uitdaging wees waarmee paartjies gekonfronteer gaan word! Iemand het een maal gesê: "Die grootste geskenk wat jy vir jou maat kan gee is van jou tyd, want dan gee jy eintlik jou lewe aan jou maat."
  • Emosionele Volwassenheid: Wat egter krities is om te onthou: Sy wil selfs sovêr gaan om te sê "jy het net een kans" om jou maat se vertroue te wen en te behou, indien jy dit verbrou gaan dit jou maande, selfs langer neem om weer daardie vertroue te wen. Wees dus uiters sensitief hoe jy reageer op die inligting wat jou maat met jou deel en ook wat jy met die inligting doen!
  • Maak dit aangenaam vir mekaar: Wees ook sensitief vir wanneer jou maat nie gereed is vir "diep gesprekke" nie. Dan is dit raadsaam om liewers die deeltyd te laat oorstaan vir daardie spesifieke dag en nie jou maat onder druk te plaas nie, want dan raak dit werk en is die klem nie meer op pret en "lekkertyd" saam nie! Oor die algemeen is vroue feitlik altyd gereed vir diep emosionele gesprekke, so wees gestel daarop dat jy nie die reeks kelder deur onsensitief of onbedag te wees nie.