
Dare2share is ʼn kommunikasiespel spesiaal saamgestel vir getroude paartjies om weer op ʼn speelse manier te begin kommunikeer en sodoende in die proses mekaar opnuut te leer ken en verstaan. Dit bestaan uit 238 kommunikasiekaartjies wat in ʼn boksie verpak is. Elke kaartjie bevat 4 - 6 vrae en dek elke denkbare fasset van die huwelik. Die kaartjies is elk so groot soos ʼn poskaart en beidekante met ʼn glanslagie bedek soos speelkaarte.

Dit is om paartjies aan te moedig om:
- Weer opnuut tyd te maak vir mekaar! ("te date")
- Weer te leer kommunikeer en sodoende hul harte vir mekaar oop te sluit!
- Hul maats in die proses weer opnuut te leer ken en verstaan!
- Om saam pret en humor te hê in die huwelik en mekaar te geniet soos wat God dit bedoel het om te wees!

- Ons lewens is so gejaagd dat ons bymekaar verby leef en dit baie keer die begin is van verbrokkelde verhoudings en dan ook later verbrokkelde gesinne! Kommunikasie is juis een van die belangrikste hoekstene van ʼn gesonde verhouding daarom is dit so belangrik want as jou huwelik gesond is, is jou kinders gesond, as jou kinders gesond is is die samelewing daar buite ook gesond!
- Dis hartseer, maar daar is paartjies wat al vir jare getroud is en nog nooit die voorreg gesmaak het om ʼn dieper vlak van kommunikasie met hul lewensmaat te beleef nie (waar jy begin deel rondom emosies, vrese, drome en behoeftes). Soms het omstandighede daartoe bygedra dat paartjies mure om hul begin bou het. Hierdie kaartspel is ʼn wonderlike geleentheid om op ʼn speelse manier weer daardie mure af te breek en juis dit te ontgin wat God daar vir ons gestel het om te geniet!
- Buite-egtelike verhoudings begin meestal by ʼn gewillige oor. Hoekom dan nie daardie energie en tyd kanaliseer na jou eie maat en sodoende verseker dat jou huwelik gesond bly nie?
- Om Intimiteit in jou huwelik te ervaar is iets wat meeste paartjies na smag maar weinig OOIT ervaar! Dit is baie hartseer MAAR met hierdie spel kan jul dit uiteindelik ervaar, as julle bereid is om te hou by die reëls van die spel!
