FORGOT YOUR DETAILS?

Jong grys bly grys! Ek en jy het nodig om die LIG te sien!

by / Tuesday, 26 February 2013 / Published in Esre Ackermann

Liefde is die rigting van jou hart..

Ongeag wat jy op hierdie oomblik mag ervaar of beleef, neem asseblief ‘n paar sekondes en hoor my uit.

In julle verhouding oor die afgelope tydjie, of tydperk het daar ongelooflik baie groei plaasgevind, wie weet wat julle as paartjie alles moes deursien, uitstaan of dit waarteen julle moes weerstand bied. Ons is so besig om ons huwelik te beskerm met doelbewuste goeie bedoelings dat ons die fokus van mekaar af gehaal het. Dinge soos ons intimiteit is nie meer oop en eerlik nie, maar ek hoor hoe talle mans vasval in pornografie en vrouens op hulle beurt weer hulle ideale en drome deur seksromans uitleef? Was dit werklik die Vader se hart vir my, om net ‘n huwelikskontrak te fasiliteer?

Wanneer Jesus kom sê Hy dat daar soveel meer is,.. ‘n lewe in oorvloed! Nou is my vraag lewe jy of is jy besig om te oorleef? Hoeveel goed steek jy weg vir jou maat, het julle geheime? ‘n Man sit voor my in my studeerkamer, sy oë is vol trane, “Ek kan nie meer nie!” sê die ou en hy deel die lys dinge wat hy moet wegsteek vir sy vrou, dit stryk vanaf pornografie tot egbreuk en die lysie gaan aan, “waar het ek dit gemis?” vra hy, “jy het nie” sê ek… “julle het albei”. Dit is eienaardig hoe ons reken alles sal so van self regkom, met dit in gedagte terug by my stelling vroeër in die stuk as jy regtig besorgd is en omgee vir ‘n huweliksLEWE, begin jou hart dwing in die rigting van jou maat se s’n.

Daar is net een manier.., konstruktiewe kommunikasie, en konsultasie, kontak vandag nog vir Esré Ackermann en vind uit hoe www.dare2share.co.za

TOP