FORGOT YOUR DETAILS?

Kom ons gebruik die tyd om net vir ons maats te bid.

by / Tuesday, 26 February 2013 / Published in Esre Ackermann

So tussen vandag se gesakarrel en woelwater week is die vraag in jou hart dalk ….hoe “juggle” ‘n mens die prioriteite in jou lewe? Ons sal hierna kyk in die volgende paar geselsies, maar omdat jy NOU ‘n tydjie het wil ek graag vir jou bid.

Vader ek kom bid vandag vir die persoon wat hierdie op hierdie oomblik hier lees, mag hierdie persoon nou Jesus self, reg voor hom/haar sien staan met die vraag, my kind.. hoe lyk jou hart ten opsigte van kommunukasie binne jou verhoudinge? Mag die lig van die Allerhoogste God NOU vanuit U troonkamer skyn tot in die diepste areas van hierdie persoon se hart. Mag die inhoud wat ons binne hierdie blog, sowel as in die kommunikasie pakette deel, deur Heilige Gees vir hom/haar saad oopbreek wat vir ho/haar die res van die lewe veelvuldig vrug sal vrug bring, binne alle aspekte van verhoudinge.

Here, hierdie bediening kom uit U hart, Vader en daarom gee ons oor aan U sodat U deur U Gees ons tot dieper insig kan bring by verstaan van U hart vir mekaar sowel as vir U is seën elke verhouding binne U wil in die naam van Jesus ons verlosser,

Amen

Kom ons gebruik gereeld die tyd om vir ons verhoudinge en maats te bid, ons het geloof dat die Here hier ‘n werk in ons begin het en sal voltooi…

Maak ‘n draai op ons Facebookblad

TOP