FORGOT YOUR DETAILS?

Kom sit by my en hoor my hart!

by / Tuesday, 26 February 2013 / Published in Esre Ackermann
angel-cute-heart-love-photography-Favim.com-412672

Hoekom is dit dan so vrek moeilik om na my maat te luister? Dit kom dan so maklik en feitlik sonder enige inspanning om my opinie te lig en my se te se, as wat ek myself moet posisioneer om na my maat gefokus te luister. Jy sien, wanneer ek nou aktief wil luister na my maat kos dit inspanning. Ek moet myself dan instel om te luister, ek moet dit waarmee ek nou besig is los en my maat in die oe kyk en ek moet myself oopstel om belangstellend te luister.

Ek is so gewoond daaraan om net ingesteld te wees op wat ek nou wil se in plaas daarvan om net vir n slag my eie opini en agenda agterwee te skuif om te hoor hoekom my maat voel soos wat hy voel of dalk sy opinie te probeer verstaan en dit bestaansreg te gee. Die risiko besef ek wat ek loop as ek nie bereid is om te luister nie, is om my maat se hart heeltemal te mis, dit kan lei tot vereensaming binne my verhouding, dit is n teelaarde vir n affair of kan uiteindelik lei tot egskeiding. Luister vra van my om my fokus te verskuif van myself na my maat.

So wanneer jy (vanaand) of die naweek dalk jou Dare2share kommunikasiekaarte uithaal om bietjie te kuier met jou maat, kom met n ingesteldheid om vir n slag net te luister. Groete, Esre

TOP