FORGOT YOUR DETAILS?

Kommunikasie: Wekroep uit God se hart!

by / Monday, 25 February 2013 / Published in Esre Ackermann

Vandat ons in 2009 begin het met Dare2share: kommunikasiespel vir getroude pare, kan ons vandag terugkyk en met die grootste vrymoedigheid se dat Dare2share ‘n wekroep is uit die hart van God vir sy kinders! As jy my vra hoekom ek dit se, dan staaf ek my antwoord hiermee:

Dink bietjie daaroor: As jy dink daaraan dat kommunikasie tog in wese die element is wat jou verhouding met God voed. Wanneer jy Bybellees (dan praat God met jou), as jy bid (dan praat jy met God), en dit is hoe jou verhouding verdiep en groei met Hom. As jy kyk na Dawid se lewe, was hy iemand wat sy hart uitgestort het voor God, en dit is presies hoe ‘n intieme verhouding ontstaan. Jy moet harte begin deel tot op die been. Nou net so kan ons dit deurtrek na ENIGE verhouding waarin ons is en so ook met ons verhouding met ons geliefde. Jou verhouding met jou geliefde het tog begin met kommunikasie, nie waar nie?

Hoekom is dit dan so tragies dat ons juis hierdie lewensaar wat verhoudinge voed verwaarloos? Dit is hoekom ek kan se, dat Dare2share ‘n wekroep is uit God se hart, dat sy kinders eerstens sal tyd maak vir mekaar en tweedens by praat sal uitkom.

Dit bly vir my en Kurt ‘n daaglikse uitdaging om:

  • om moeite te doen met ons verhouding met mekaar
  • ons moet bele in hierdie vriendskap met mekaar
  • ons verhouding moet vir ons prioriteit wees
  • ons moet die vaardigheid aanleer om hartsdinge met mekaar te deel
  • ons moet ook die vaardigheid aanleer om aktief te LUISTER, sodat ons mekaar verstaan

Wat my opgewonde maak hiervan is, as ons hierdie vaardigheid binne ons huwelik onder die knie kan kry kan ons dit selfs toepas in enige ander verhouding soos met ons kinders of vriendskappe. Besoek ons webblad vir meer inligting oor Dare2share.

TOP