FORGOT YOUR DETAILS?

Meer as net nagsê….

by / Tuesday, 26 February 2013 / Published in Esre Ackermann

Komaan wees nou eerlik. Hy jou maat in julle verhouding werklik ‘n sê? Met dit bedoel ek nie dat sy/hy dit uiter nie, ek bedoel stel JY werklik daarin belang? Die kans is goed dat albei van julle met vooropgestelde gedagtes sit wat nog nooit eers goed deurgepraat is nie en dit is gewoonlik die geskil waarom konflik resorteer, hoeveel tel jou maat se bydra? Wanneer laas het jy werklik sy/haar inset gevra, ons raak so gewoond aan hierdie stoomroller effek van een party, dat jy jare later agterkom een van julle se drome het gekwyn,

….sy hoor my nie meer nie so hoekom moet ek moeite doen met die komunikasie kaartspel

,vra een ou my noudie dag. Dit is die geluid van ‘n hart wat reeds gedraai het, en ‘n wenresep vir die vyand om ‘n voet in die deur te kry. God het die eenheid so hoog geag dat Hy sy seën daaroor gebied waneer dit in plek is, hoe smag ek en jy nie na seën nie, vrede liefde en beskerming nie, as jy is by die punt waar jy nie meer jou maat ag nie, so familiêr geraak het en verwaand hom/haar net van selfsprekend ervaar, maak van dag ‘n einde daaraan, kom weer by ‘n intieme vrede liefdevolle vervullende saamwees uit waar daar geen tekort is om gedagtes te deel oor julle toekoms saam nie.

Groete Jan-Hendrik

TOP