FORGOT YOUR DETAILS?

Stilstuipe is liefdeloos!

by / Tuesday, 26 February 2013 / Published in Esre Ackermann

Ek skuld haar niks nie?

Hierdie is ‘n lekker een… So eers staan ek voor God en Sy gemeente en ek beloof ewige liefde en trou aan haar net om later my alles te onttrek en met die wuif van ‘n hand gebaar die terloopse opmerking te maak dat ek haar niks skuld nie.

Jy is dit verskuldig aan jou maat en julle verhouding om te kom praat as daar iets is wat jou pla, liefde is die rigting van jou hart, dit gaan my verstand te bowe wanneer publieke figure dinge kwytraak soos ek het twee vrouens lief, kom praat as dinge pla! Jou maat kan nie jou gedagtes lees nie.
Praat liefdevol en met respek, – skep so ‘n veilige atmosfeer
Druk jouself so duidelik uit as moontlik in woorde… gebruik jou emosionele woordeskat bv. ek voel teleurgesteld, seergemaak of onveilig. Ons skep te maklik afstand en dit veroorsaak dat ek my maat as individu ontken en demoniseer, ek sal nou dinge sê soos julle vroumense of Kleynhanse is almal die selfde. Afstand skep verwydering ‘n gevolg tot liefdeloosheid.
Wees spesefiek met jou behoeftes bv. Ek wil hê jy moet net na my luister, hoor net my hart, ek soek nie nou raad nie, ens.
Tydsberekening is ALLES! Kies die tyd noukeurig, maak seker jou maat het jou ‘n paspoort na sy/haar hart gegee, en los asseblief jou eie identiteit en vooropgestelde idees tuis wanneer jy die reis onderneem na haar/sy hart.

ONTHOU, Stilstuipe is liefdeloos!

Hierdie is ‘n paar wenke wat deur verstaan van jou eie hart, gevoelens so wel as jou eie emosies voorafgegaan moet word, maw ondersoek jouself! Wat wil ek met die gesels bereik? Wil ek sommer net lelik wees en terug seermaak of wil ek hom/haar die blootstelling gee om my hart en die seer in my binneste te beleef en te beleef wat dit aan ons verhouding doen? Gaan ek hom/haar die geleentheid en genade gee om genesing te bewerk deur konstruktief te kommunikeer?

Groete

TOP