FORGOT YOUR DETAILS?

Toe deel ek my frustrasie met my maat so…

by / Tuesday, 26 February 2013 / Published in Esre Ackermann

So loop ek met n frustrasie wat ek met my maat wil deel en besluit toe om die “veiliger”, meer liefdevolle roete te neem, anders as wat my ou vlees beur om te doen.

Ek hou toe mooi binne ons reëls. Jy moet verstaan, die reëls is juis daar gestel sodat ons pratery met mekaar mooi moet verloop want die oomblik wat een van ons kies, ja KIES om nie te hou by die reëls nie dan is dit net hare en geskeurde buskaartjies wat waai, soos ons in ons geweste sou sê.

Die reels is:
1. Deur my agenda en behoefte aan hom bekend te maak. Dit klink toe so: “ek sal graag op n stadium bietjie wil sit en chat. Ek het n frusrasie wat ek onder jou aandag wil bring. Dit was my agenda. My behoefte klink toe so: ek het nodig dat jy net sal luister. Ek wil nie nou hoor hoe jy hieroor voel of jou sienning nie. Ek sal graag wil sien dat jy moeite doen om net te luister om by verstaan uit te kom.

2. Tydsberekening: ek vra toe wanneer dit hom sal pas en hou toe daarby.

Toe ons later die dag uiteindelik by ons “date” uitkom trek ek weg en deel my frustrasie tot op die been sonder om myself op te ref, maar op n liefdevolle manier wat ons verhouding stig. Toe ek klaar is trek my maat sommer los en skiet uit die heup n paar dinge wat hom ook sommer frustreur.

Jy sien, dis wonderlik dat my maat die vrymoedigheid het om eerlik sy gevoellens en emosies te deel maar een voetfout! Ek top toe bietjie oor hoekom voel ek dan nou voel soos ek voel. Ek het dan nou klaar my frustrasie van my bors af maar iets het gepla. Na n hele paar minute besef ek dat my ervaring was dat dit soos die engelsman sou se: “tit for tat” was omdat my maat weggetrek het met sy frustrasies ipv om my n aanduiding te gee hy verstaan my frustrasie en het begrip daarvoor. Jy sien ek het n behoefte gehad dat hy net moes luister na my frustrasie en probeer verstaan hoekom juis dit my so pla. Sy frustrasie kon hy dan op n later geleentheid deel of vra of hy nou met my ook sy hart kan deel rondom n frustrasie.

(Ek moet darem hier tot sy verdediging noem, hy het heel onskuldig gevoel die baan is dan nou geopen vir ou goedjies wat pla, hy laat loop ook sommer nou met dit wat vir hom pla).

Nietemin hierdie was weereens n wenresep vir n liederlike misverstand. Hoekom se ek so:
* omdat my maat dadelik met sy frustrasie weggetrek het. My ervaring was dat hy nie nou gehoor het wat ek gedeel het nie. Ek se weer, dis wat ek ervaar het! Dit is heelmoontlik nie die waarheid nie maar deur sy reaksie het ek dit ervaar.

So wat het ek toe uit die hele storie geleer? Ek het geleer as my maat na my toe kom met n frustrasie gaan sit en luister gefokus na hom. Probeer “uitfigure” wat presies pla en hoe hy daaroor voel en toon begrip. En al het ek ook n ou ietsie wat pla, los dit eerder tot n ander keer sodat my maat kan wegstap en voel die frustrasie is van sy bors af, daar is aktief geluister en probeer verstaan!

So onthou wanneer jul n Dare2share kommunikasiekaartjie trek waar jy n frustrasie kan deel met jou maat, onthou om eers aktief te luister, moeite te doen om te verstaan en begrip te toon.

Tot volgende keer,
Esre

TOP