FORGOT YOUR DETAILS?

Trou is nie perde koop nie!

by / Friday, 28 December 2012 / Published in Esre Ackermann

Is jy besig met ‘n verbond wat God verheerlik? In hierdie verbond, eer jy God?

God het vir ons alles geskenk en verleen met die hoofdoel om dit te geniet…dit is wat 1 Timoteus 6:17 sê! Om te dink dat God jou en jou eggenoot aan mekaar verleen het om mekaar te geniet – nie te misbruik nie.

Ons dien ‘n verbondsgod en daarom is dit belangerik om te verstaan, as jy julle huwelik as ‘n verbond eer, sal God julle huwelik eer! Om dit te verstaan is die fondasie.

Dink bietjie oor verbond…

Dit wat ons ouers bedoel het oor trou is nie perdekoop nie, was nie ‘n verduideliking van die uitdagings wat sou volg na huweliksluiting nie, maar eerder ‘n fokus op die gewig van die trou wat beloof word, die trou/verbond wat gesluit word sal voortaan die volgende implikasie op my lewe hê:

Ek lewe nie meer vir myself nie
Dit behels eenwording in alles
Dit eindig by die dood van een van ons twee
Geen ander aardse verhouding het meer gesag nie
Die besluit oor die huwliksmaat van my keuse word dus direk beinvloed deur die bo-staande, so met ander woorde, is ek bereid om ‘n verbond te sluit met my maat, waarin ek my lewe neerlê soos Christus gedoen het sonder om te sê dit is “unfair” (die Bybel sê Hy het dit nie roof geag om van Sy troon afstand te doen nie!), kan ek een wees, let op nie een word nie! (baie keer is ons in en uit die verbond, as dit lekker is wil ek in wees en as dit krap wil ek uit spring) ek werk dus uit ‘n posisie van eenheid. Op hierdie baie belangerike punt kan ek slegs eenheid hê as ons harte een is, snaaks hoe baie waarde ons heg aan seksuele intimiteit, maar weinig tyd spandeer om intiem en innig my maat se hart te hoor en na hom te luister, die hebreeuse woord vir luister is Sjema, wat impliseer om te hoor en te doen. Sonder gesonde kommunikasie is dit onmoontlik! Dare2share se kommunikasie kaarte is nie ‘n noodmiddel om die stukke bymekaar te maak nie, maar ‘n lewensmiddel om te verhoed dat harte flenter stukke raak!

As jy julle die verbond eer sal God dit ook eer en seën, gee jy genoeg om om aan jou lewe saam te bou? Kontak ons by www.dare2share.co.za

TOP