FORGOT YOUR DETAILS?

Vakansie Romanse!

by / Tuesday, 26 February 2013 / Published in Esre Ackermann

Jong hierdie is mos die dinge waaroor ons Ma’s ons gewaarsku het! Pasop vir daardie kortstondige oomblik van ekstase! Die gevoel om alles oor boord te gooi, wat die lewe uiteindelik die moeite werd maak.

En nou…

Nou wonder ons “grootmense” hoe ons dit so maklik kon verloor? Of dalk liewer prysgee? Basta! Ek kies die lewe, glo in liefde en geluk, en eis die vakansie my verhouding terug!

Hier is sommer so ‘n gediggie wat een van die lesers gestuur het, dit is nie vreeslik diep nie, dit was ook nie die bedoeling nie, die ene is bedoel om jou weer op ‘n geheue reis te vir die nodige “Joie de vivre”, komaan franse passie man! Dis waaroor die vakansie gaan!

Hoe sit jy dit om in woorde
al die gebeure by vakansie oorde
By die pat-pat baan het ons ontmoet
daar gestaan terwyl julle kom groet.

‘n Fling het ek probeer vermy
tog het jy dit reggekry.
‘n Vakansie romanse was ek vir jou
van die oomblik toe jy my hand vashou.

Laat aand swem en touch-rugby speel
jou hande wat oor my hare streel.
Jou soen was net te sag
daar en dan verloor ek alle mag.

Tot vroee oggend ure het ons gepraat
onthou jy nog ons moment in die straat?
Ek het my reels vir jou gebreek
gedink ek sal jou kan vergeet.

Nou is alles verby
Realiteit het my weer beet gekry.
Ek wonder of jy nog aan my dink
al is dit net wanneer jy koffie drink
Of dit eg was sal ek nooit weet
dalk het jy my lankal vergeet…

Geniet mekaar groete Esre Ackermann www.dare2share.co.za

TOP