FORGOT YOUR DETAILS?

Wat bedoel mense met die perfekte huwelik/verhouding?

by / Tuesday, 26 February 2013 / Published in Esre Ackermann

So, waarop spandeer jy die meeste van jou energie in julle verhouding/huwelik?

Wel as ek met die een oor so luister na dit wat rondom ons gebeur is, is die afleiding van selfsprekend, ons spandeer die meeste van ons tyd en energie om die “perfekte” huwelik staan te maak, en wat nogal oulik is, is dat ons, ons fokus, dit is nou ons ore en oë, uitleen aan vriendinne, vriende, en glanstydskrifte…

Die fokus en druk rondom die wêreld beskouing van perfek is gereduseer tot leë onvervulde verhoudinge, hoe ek moet lyk, wat romanties is en selfs hoe my maat moet voel oor my, word deesdae voorgeskryf deur eksterne bronne.

Ons werk dag en nag aan verhoudinge en huwelike, sonder dat iemand ons meedeel wat die einddoel is, of wat “perfek” dan nou so danig is. Die perfekte huwelik is die een waar ons harte een is, in hierdie eenheid belowe God dat Hy sy seën sal gebied. As dit waarmee jy besig is daardie eenheid bewerkstellig wil ek jou seën met vrede en ‘n intieme sinvolle en liefdevolle verhouding/huwelik, maar as jy soos 90% van alle mans en vrouens nie daar is op of oppad is daarheen nie is doelgerigte kommunikasie die enigste antwoord!

Kontak EsréAckermann vandag nog en bespreek jou een tot een, self julle vroue oggende besprekings vooruit om vandag nog te begin met ‘n deurbraak in jou verhouding, Dare2Share kommunikasie www.dare2share.co.za

TOP