FORGOT YOUR DETAILS?

Wat kan ek weer doen om vir jou onweerstaanbaar te wees?

by / Tuesday, 26 February 2013 / Published in Esre Ackermann
claudia-Love--Couples--lovers--romantic--Couple--Rose--beauty--cute--hearts--sayings--beautiful-photography_large

Ek stuur die sms met die woorde: “wat kan ek doen om vir jou weer onweerstaanbaar te wees?”. Die sms het ek skaars versend waarop my maat reageer met die woorde: “dankie vir jou sms ek kan nie wag om jou te antwoord nie. Jy sien, ek verwag n liefdesgedig van hoe wonderlik en dierbaar ek reeds is, maar die epos was soos n emmer koue water! Ek lees die volgende woorde:
* kan ek jou vra om asb jou skoene op te tel wat jy bedags in die gang uitskop, ek vra dit al vir meer as 12jaar. * dit sal great wees as jy sal begin saamtrek aan die finansiele juk. * dit laat my koud wanneer jy my besluitnemings kritiseer.

Sy woorde slaan hard en diep. Ek besef n paar dinge daardie dag:
* hierdie dinge vra hy al vir meer as 12jaar, maar ek steur my eenvoudig nie daaraan nie. Al wat hy hoor in sy hart wanneer hy na my gesindheid kyk, is disrepek. Ek dink toe by myself, is dit regtig al wat ek hoef te doen? Ek hoef nie 15kg gewig te verloor nie, ek hoef nie vir n “boobjob” te gaan nie – net my gesindheid, dis al!

Daardie aand het ek my kop in skaamte laat sak toe ek snap dat my gesindheid en die manier hoe ek reageer wanneer my maat met n frustrasie na my toe kom, die atmosfeer binne ons verhouding kan verander!

Ek wonder toe so by myself: wat het hom nou skielik die moed gegee om hieroor weer te praat? Ek besef toe dat ons getroue Dare2share kuiers met tyd vir hom n veilige platvorm begin skep het waarbinne hy veilig gevoel het om te waag en te vertrou! Ek was dankbaar vir nog n kans om dit reg te stel.

Groete, Esre

TOP