FORGOT YOUR DETAILS?

“Weekend Dare”

by / Tuesday, 26 February 2013 / Published in Esre Ackermann

Die naweek gaan ons dans! Voor almal skrik en weghardloop oor die blote gedagte, dis nie so vreesaanjaend as wat jy dink nie! Onthou jy nog op watter liedjie jy verlief geraak het en in sy/haar oë gekyk het met die verlange om meer van hom/haar te ken , of dalk daar die “song” waarmee die dansbaan geopen is op jul troue? (Natuurlik doen jy!!) Maak seker jy kry ‘n langspeelplaat, cd, tape, DVD of MP3 met die liedjie op in die hande! Spandeer ‘n lekker romantiese aandjie by die huis, MAAR maak seker jy doen steeds moeite! (MAW, “dress up”!).

Manne, dit beteken lekker gladgeskeer in ‘n netjiese broek en hemp en dames, verruil jou pantoffels en kortbroek vir ‘n mooi rokkie en hoëhakskoene! Die res van die aand kan jul spandeer soos julle wil – kook ‘n lekker ete saam of hou ‘n lekker fondue… Die belangrikste is om die aand af te sluit met ‘n lekker “slow dance” op jul spesiale liedjie!

TOP