Adelia van Tonder – Dare2Share | A Daring game for Married Couples! https://www.dare2share.co.za A Daring game for Married Couples! Thu, 13 Jan 2022 07:42:04 +0000 en-US hourly 1 https://wordpress.org/?v=6.9 Kom sit by my en hoor my hart! https://www.dare2share.co.za/kom-sit-by-my-en-hoor-my-hart/ https://www.dare2share.co.za/kom-sit-by-my-en-hoor-my-hart/#respond Tue, 26 Feb 2013 07:50:39 +0000 http://dare2.developmentstudio.co.za/?p=1689 Hoekom is dit dan so vrek moeilik om na my maat te luister? Dit kom dan so maklik en feitlik sonder enige inspanning om my opinie te lig en my se te se, as wat ek myself moet posisioneer om na my maat gefokus te luister. Jy sien, wanneer ek nou aktief wil luister na my maat kos dit inspanning. Ek moet myself dan instel om te luister, ek moet dit waarmee ek nou besig is los en my maat in die oe kyk en ek moet myself oopstel om belangstellend te luister.

Ek is so gewoond daaraan om net ingesteld te wees op wat ek nou wil se in plaas daarvan om net vir n slag my eie opini en agenda agterwee te skuif om te hoor hoekom my maat voel soos wat hy voel of dalk sy opinie te probeer verstaan en dit bestaansreg te gee. Die risiko besef ek wat ek loop as ek nie bereid is om te luister nie, is om my maat se hart heeltemal te mis, dit kan lei tot vereensaming binne my verhouding, dit is n teelaarde vir n affair of kan uiteindelik lei tot egskeiding. Luister vra van my om my fokus te verskuif van myself na my maat.

So wanneer jy (vanaand) of die naweek dalk jou Dare2share kommunikasiekaarte uithaal om bietjie te kuier met jou maat, kom met n ingesteldheid om vir n slag net te luister. Groete, Esre

]]>
https://www.dare2share.co.za/kom-sit-by-my-en-hoor-my-hart/feed/ 0
Ek besef ek het dit gemis! https://www.dare2share.co.za/ek-besef-ek-het-dit-gemis/ https://www.dare2share.co.za/ek-besef-ek-het-dit-gemis/#respond Tue, 26 Feb 2013 07:48:30 +0000 http://dare2.developmentstudio.co.za/?p=1686 So met al die beste intensies verduidelik ek aan haar dat dit wat ek probeer sê het nie my bedoeling was nie,… dit vat my presies die beste helfde van die dag om my regverdiging aan haar te verduidelik, en so wentel ek om my eie baan, en wens ek sy wil net bykom. Die kinders het mos ‘n sê ding: “..kom net oor dit”, en dit is presies waar dit ons verhouding gelaat het, ons probeer net oorkom, eintlik meer oorleef…, ons het geen oorwinning nie!

Die feite van die saak is ek het met al my beste intensies haar hart gemis, ek was onakuraat en dit bring my by vandag se stuk. Haar/sy liggaamstaal sal jou ‘n duidelike aanduiding gee of jou maat werklik jou hart hoor, vra dan of sy jou hart sien in jou optrede of dit wat jy sê, dit is tog sinneloos op die heeltyd jou lyn te laat sak as jy weet jy gaan niks vang nie, jy gee dan tog nie God die skuld of die visse nie, jy skuif jou aanslag juis daar waar jy meer effektief gaan wees!

Onderdanigheid of “submission” is nie gesetel buite verhouding nie, dit beteken vir my eerstens om God se hart te hoor. Hoe doen ek dit?.. wel ek leer dit ken, ek “date” hom, lees sy Woord, leer ken sy gedagtes oor my, praat/kommunikeer in gebed met hom en as ek dit verstaan…dan doen ek, maw leef ek sodat ek akuraat is volges sy hart/wil vir my, …en my maat/vrou verdien een en dieselfde.

Hoor Jesus se hart: “Hy antwoord hulle: “Die profeet Jesaja het julle mooi opgesom. Julle is skynheiliges, soos daar geskrywe staan: “Hierdie volk eer My met hulle mond, maar hulle hart is ver van My af.” (Markus 7:6),..dit help nie ek karring rondom my eie regverdiging met God of my maat en ek mis sy /haar hart nie.

Leer ken jou maat meer itiem met betekenisvolle kommunikasie, deur www.dare2share.co.za

Groete Jan-Hendrik

]]>
https://www.dare2share.co.za/ek-besef-ek-het-dit-gemis/feed/ 0
Wat kan ek weer doen om vir jou onweerstaanbaar te wees? https://www.dare2share.co.za/wat-kan-ek-weer-doen-om-vir-jou-onweerstaanbaar-te-wees/ https://www.dare2share.co.za/wat-kan-ek-weer-doen-om-vir-jou-onweerstaanbaar-te-wees/#respond Tue, 26 Feb 2013 07:44:42 +0000 http://dare2.developmentstudio.co.za/?p=1683 Ek stuur die sms met die woorde: “wat kan ek doen om vir jou weer onweerstaanbaar te wees?”. Die sms het ek skaars versend waarop my maat reageer met die woorde: “dankie vir jou sms ek kan nie wag om jou te antwoord nie. Jy sien, ek verwag n liefdesgedig van hoe wonderlik en dierbaar ek reeds is, maar die epos was soos n emmer koue water! Ek lees die volgende woorde:
* kan ek jou vra om asb jou skoene op te tel wat jy bedags in die gang uitskop, ek vra dit al vir meer as 12jaar. * dit sal great wees as jy sal begin saamtrek aan die finansiele juk. * dit laat my koud wanneer jy my besluitnemings kritiseer.

Sy woorde slaan hard en diep. Ek besef n paar dinge daardie dag:
* hierdie dinge vra hy al vir meer as 12jaar, maar ek steur my eenvoudig nie daaraan nie. Al wat hy hoor in sy hart wanneer hy na my gesindheid kyk, is disrepek. Ek dink toe by myself, is dit regtig al wat ek hoef te doen? Ek hoef nie 15kg gewig te verloor nie, ek hoef nie vir n “boobjob” te gaan nie – net my gesindheid, dis al!

Daardie aand het ek my kop in skaamte laat sak toe ek snap dat my gesindheid en die manier hoe ek reageer wanneer my maat met n frustrasie na my toe kom, die atmosfeer binne ons verhouding kan verander!

Ek wonder toe so by myself: wat het hom nou skielik die moed gegee om hieroor weer te praat? Ek besef toe dat ons getroue Dare2share kuiers met tyd vir hom n veilige platvorm begin skep het waarbinne hy veilig gevoel het om te waag en te vertrou! Ek was dankbaar vir nog n kans om dit reg te stel.

Groete, Esre

]]>
https://www.dare2share.co.za/wat-kan-ek-weer-doen-om-vir-jou-onweerstaanbaar-te-wees/feed/ 0
Geen vrou begeer seks met ‘n vreemdeling nie. https://www.dare2share.co.za/geen-vrou-begeer-seks-met-n-vreemdeling-nie/ Tue, 26 Feb 2013 07:42:37 +0000 http://dare2.developmentstudio.co.za/?p=1680 Maar natuurlik nie!… Is my antwoord dadelik terwyl Esré Ackermann skrywer en samesteller van Dare2share kommunikasie kaarte vir getroude paartjies oorkant my plek inneem vir ‘n radio onderhoud oor die belangerikheid van kommunikasie. Ek moet bieg hierdie woorde het my koud gelaat en laat herkou, ek bedoel kom nou, dit is nie asof man en vrou vreemdelinge vir mekaar is nie? of het ons dalk uit mekaar gegroei?, dink aan dit wat daardie verslae vrou sê waneer sy met so ‘n hulpelose uitdrukking kyk en sê sy het dít nie van haar man verwag nie!

Die meeste vroue kla dat hulle maats lui, onwillig of bloot net selfsugtig is om tyd te maak vir hulle emosionele behoeftes. As jy vandag kan snap soos ék daardie dag,.. dat praat juis ‘n manier is om met jou maat in voeling te kom, dan glo ek jy sal verstaan HOEKOM dit vir haar so belangerik is.

Jy moet snap dat: Geen vrou seks begeer met ‘n vreemdeling nie!

As jy jou vrou emosioneel verwaarloos, is jy vir haar ‘n vreemdeling en daarom moet jy nie verbaas wees as sy nie met empatie op jou seksuele behoeftes reageer nie.

As jy wel moeite doen om vir jou vrou emosioneel beskikbaar te wees, sal sy vir jou seksueel meer beskikbaar wees.

Praat is haar manier om op hoogte te kom van julle verhouding, dit is hoe God haar gemaak het.

]]>
Hier is ‘n wenresep vir ‘n misverstand wanneer jy kommunikeer met jou maat https://www.dare2share.co.za/hier-is-n-wenresep-vir-n-misverstand-wanneer-jy-kommunikeer-met-jou-maat/ https://www.dare2share.co.za/hier-is-n-wenresep-vir-n-misverstand-wanneer-jy-kommunikeer-met-jou-maat/#respond Tue, 26 Feb 2013 07:41:11 +0000 http://dare2.developmentstudio.co.za/?p=1677 Dit was laat een namiddag toe ons besluit het om rustig hand aan hand na die parkie toe te stap sodat ons kleinding bietjie kan gaan speel.

Terwyl ons rustig stap besluit ek dat dit die ideale geleentheid is om een van my drome met my maat te deel. Die gesprek het min of meer as volg verloop:
Ek: weet jy wat sal vir my nou awesome wees, as ek eendag finansieel daartoe instaat is om ……………….. Hy: Dit is nie lewensvatbaar nie.
Ek: Kyk hier, ek het nou so gedink om dan ……..
Hy: Ek sal nooit geld in so iets stoot nie, vergeet daarvan. Dit kan nie werk nie.
Ek: (ek probeer nog n laaste poging om hom te help om my droom te visualiseer waarop hy antwoord:
Hy: eers nadat hy vir my n elle lange finansielebestuurspreek afgesteek het, sluit hy af met die woorde: ek dink jy moet jou maar bepaal by dit waarin jy goed is en los maar die finansiele besluite vir my.

Uit radeloosheid stop ek die gesprek, want ek besef ek vorder net mooi nêrens daarmee nie. Ek wonder toe wat het dan nou skeefgeloop dat ek nou so onvergenoegd is met die hele geselsie waarna ek dan so uitgesien het. Ek het n tydjie daaroor gaan top en het tot die volgende gevolgtrekkings gekom:

..ek moes my maat inlig dat ek nou iets met hom wou deel wat vir my belangrik is. Dan kon hy homself instel om te luister.
..ek kon my maat vra of hy nou lus is om daarna te luister of wanneer dit hom sal pas dat ek dit met hom kan deel. Dan kon hy my reghelp en se:”weet jy ek wil nou net rustig stap sonder om my nou in te span om te luister maar wat van vannaand in die bad”?.
..ek kon my maat help deur my behoefte duidelik so te verwoord:”ek het nou nodig dat jy net sal luister. Ek soek nie nou enige advies of jou opinie nie”. Omdat ek nie my behoefte hier spesifiek verwoord het nie, het hy natuurlik aangeneem ek soek sy advies en opinie.
Hierdie is sommer n spreekende voorbeeld van hoe maklik ‘n misverstand kan ontstaan wat heelmoontlik kan ontaard in volskaalse konflik.

So onthou hierdie belangrike sleutels wanneer jy en jou maat weer kuier met Dare2shareboksie en jul ‘n kommunikasiekaartjie trek waar jy dalk n droom of ‘n wens met jou maat wil deel.

Wie van julle weet presies waarvan ek hier praat?

Groete, Esre.

]]>
https://www.dare2share.co.za/hier-is-n-wenresep-vir-n-misverstand-wanneer-jy-kommunikeer-met-jou-maat/feed/ 0